Suryavarman II

Suryavarman II
Koning van die Khmer-ryk
Suryavarman II, soos uitgebeeld in ’n basreliëf by Angkor Wat.
Suryavarman II, soos uitgebeeld in ’n basreliëf by Angkor Wat.
Bewind 1113-1145/1150
Voorganger Dharanindravarman I
Opvolger Dharanindravarman II
Dinastie Khmer-ryk
Vader Ksitindraditya
Moeder Narendralakshmi
Gebore 11de eeu, Angkor
Oorlede 1145/1150
Postume naam Paramavishnuloka

Suryavarman II (Khmer: សូរ្យវរ្ម័នទី២) was van 1113 tot 1145/1150 koning van die Khmer-ryk. Hy het Angkor Wat laat bou, wat die grootste godsdiensmonument in die wêreld is, en dit gewy aan die Hindoegod Vishnu. Sy bewind se monumentale argitektuur, talle militêre veldtogte en herstel van sterk regering het gemaak dat historici hom as een van die ryk se grootste koning beskou.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy